Wil jy graag hemel toe gaan? En as jy daar is, wat dan? Waarna sien jy uit.
Ek sou baie graag persoonlike kennis wil maak met die Vader en die Seun. Hulle het so baie gedoen om ons in die hemel te kry.
Waarom het so baie van die Israeliete nie die Beloofde Land binnegegaan nie?
Watter lesse kan ek van hulle mislukkings leer?
Wat was die aard van die verslag wat die verkenners na hulle ondersoek van die land teruggebring het?
Vers 27 En hulle het hom vertel en gesê: Ons het gekom in die land waarheen u ons gestuur het; en waarlik, dit loop oor van melk en heuning, en dit is sy vrugte.
Kan jy daardie stralende gesigte van die opgewonde skare sien?
Hulle was so opgewonde. Uiteindelik het die dag van groot verwagting aangebreek. Hulle gaan huistoe.
Hoe dink jy het sy majesteit die Satan oor die goeie verslag gevoel?
Verse 28,29 Maar die volk wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete gesien. Die Amalekiete woon in die Suidland, maar die Hetiete en Jebusiete en Amoriete woon in die gebergte, en die Kanaäniete woon by die see en aan die kant van die Jordaan.
Wat het die woord “Maar” geïmpliseer?
Vir die mens is dit onmoontlik om die land in te neem. Die gebruik van hierdie word “maar” in hierdie konteks immpliseer ‘n gebrek aan geloof en openbaar sonde.
Wie dink jy sou die krediet geneem het indien hulle die land so inneem?
As hulle net die feite gegee het, het hulle gedoen wat van hulle gevra was. Hulle pessimistiese opinie oor die verowering van die land in eie krag, was ongevraagd.
Hier het ons die persepsie van tien verkenners. Wat van die ander twee?
Verse 30 Toe het Kaleb die volk stil gemaak teenoor Moses en gesê: Laat ons gerus optrek en dit in besit neem; want ons kan dit sekerlik oorweldig.
Ek hou van Kaleb se gesindheid. Alles wat God van ons vra, gee Hy vir ons die krag om dit uit te voer.
Luister na hierdie patetiese gesindheid:
Verse 31-33 Maar die manne wat saam met hom opgetrek het, het gesê: Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is sterker as ons.32 So het hulle dan slegte gerugte onder die kinders van Israel versprei oor die land wat hulle verken het, deur te sê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ’n land wat sy inwoners verteer; en al die mense wat ons daarin gesien het, is groot manne.33 Ons het daar ook die reuse gesien, die kinders van Enak, van die reuse afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle oë.
Gelukkig het die mense Kaleb se verslag aanvaar en geglo dat hulle met God aan hulle kant die oorwinning kon behaal.
Vertrou ons die Here? Hoe groot is Hy in ons gedagtes? Is Hy groter as ons problem?
Wie beïnvloed ons om God te wantrou?
Nou het die toneel verander. Hoop en moed het voor lafhartige wanhoop gewyk terwyl die verkenners uiting aan die gevoelens van hulle ongelowige harte gegee het wat deur die Satan met moedeloosheid besiel is.
Hoedanig is die uitwerking van ons ongeloof en twyfel op ander mense?
Hulle ongeloof het ‘n donker skaduwee oor die vergadering gewerp, en hulle het vergeet hoe dikwels God Sy krag ten behoewe van Sy uitverkore volk bewys het.
Dit lyk my dis ‘n goeie ding as vandag se krisis my oorval, om te dink hoe God my uit die vorige krisis verlos het.
Die volk het nie tyd geneem om oor die saak te dink nie. Hulle het nie daaraan gedink hoe die Here wat hulle tot hier gelei het die land verseker aan hulle sou gee nie.
Hulle het nie daraan gedink hoe die Here hulle uit Egipte verlos en deur die see geneem en die weermag van farao vernietig het nie.
Hulle het het God heeltemaal uit die prentjie gelaat en opgetree asof met eie krag moes vertrou.
Ons mag eintlik niks tydens ‘n krisis doen nie alvorens ons nie gou teruggekyk het hoe God ons in die verlede gehelp nie.
Wat is dit wat die krag van God in ons lewens beperk?
In hulle ongeloof het hulle die krag van God gewantrou wat hulle veilig tot daar gelei het. Boonop het hulle oudergewoonte teen Moses en Aäron gekla. Hulle het gesê: “Dit is die einde van ons groot verwagting. Ons het die hele pad van Egipte af gereis om hierdie land in besig te neem, en nou lyk dit so.”
Hulle het hulle leiers daarvan beskuldig dat hulle die volk bedrieg en Israel in die moeilikheid laat beland het. Die volk was moedeloos in hulle teleurstelling en wanhoop. ‘n Angskreet is saam met die verwarde murmurering gehoor.
Kaleb het begryp wat aangaan en het dapper opgetree om die woord van God te verdedig. Hy het alles in sy vermoë gedoen om die bose invloed van sy ontroue kollegas teen te werk. Die volk het vir ‘n oomblik stilgebly om na die sy woorde van hoop en bemoediging oor die goeie land te luister.
Hy het nie die dinge wat reeds gesê is, weerlê nie. Die stadsmure was hoog en die Kanaäniete was sterk. Maar God het die land aan Israel beloof. “Laat ons gerus optre en dit in esit neem;” het kaleb aangedring, “want ons kan dit sekerlik verower.”
Mar die tien het hom in die rede geval en die beskare not donkerder as voorheen geskilder: “Ons kan nie teen die volk optrek nie,” het hulle vogehou, “want hulle is sterker as ons…Al die mense wat ons daarin gesien het, is groot manne. Ons het daar ook reuse gesien, die kinders van Enak, van die reuse afkomstig; enons was soos sprinkare in hulle oë, so was ons ook in hulle oë.”
Nadat hierdie manne die verkeerde weg ingeslaan het, het hulle hulle hardnekkig teen Kaleb en Josua en Moses en teen God verset. Elke voorwaarste stap het hulle net onversetliker gemaak.
Hulle het hulle voorgeneem om elke poging om Kanaän in besit te neem, verongeluk. Hulle het die waarheid verdraai om hulle verderflike invloed te handhaaf. Dit “is ‘n land” het hulle gesê, “wat sy inwoners verteer.”
Dit was nie net ‘n valse gerug nie, maar ook ‘n infame leuen. Dit was ‘n weerspreking op sigself. Die verkernners het gesê die land is vrugbaar en voorspoedig en die bewoners is reuse. Dit sou onmoontlik gewees het as die klimat so ongunstig was dat daarvan gesê kon word dat dit “sy inwoners verteer.”
Maar wanneer mense hulle harte aan ongeloof oorgee, gee hulle hulle aan die beheerssing van die Satan oor en dan kan niemand sê tot watter uiterstes hy hulle kan lei nie.
Numeri 14:1 “Toe het die hele vergadering uitgeroep – hulle het hulle stem verhef, en die volk het die nag geween.
Soos wat die verkenners hulle vertwyfeling aan die prinse van hulle stamme oorgedra het, het die slegte verslag deur die kamp versprei.
Ag mag die Here vir jou en my help om nie negatiwiteit te versprei nie.
Verse 2,3 En al die kinders van Israel het gemurmureer teen Moses en teen Aäron, en die hele vergadering het aan hulle gesê: Ag, as ons maar in Egipteland gesterf het! Of as ons maar hier in die woestyn gesterf het!
Dink jy Moses het gehoor wat hulle gesê het?
Opstand en muitery het gevolg, want die Satan het hulle ten volle beheers en dit was asof die volk van hulle sinne beroof was.
Hulle het Moses en Aäron verwens en skoon vergeet dat God hulle goddelose woorde aangehoor het en dat die Engel van Sy teenwoordiheid hulle vreeslike uitbarstings van woede uit die wolkkolom aanskou het.
Verse 3,4 En waarom bring die HERE ons na hierdie land om deur die swaard te val? Ons vroue en ons kinders sal ’n buit word. Sal dit nie beter vir ons wees om na Egipte terug te gaan nie?4 En hulle sê vir mekaar: Laat ons ’n hoof aanstel en na Egipte teruggaan.
Was jy deur iemand verwerp vir wie jy ontsettend lief was?
Vers 5 Toe het Moses en Aäron op hulle aangesig geval voor die hele vergadering van die gemeente van die kinders van Israel.
As iemand jou verwerp het, val op jou aangesig. Moet net nie verbitterd word nie.
Wat sou die twee positiewe verkenners nou doen?
Verse 6-9 En Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, twee van die wat die land verken het, het hulle klere geskeur7 en die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ’n buitengewoon goeie land.8 As die HERE ’n welbehae in ons het, sal Hy ons in hierdie land inbring en dit aan ons gee, ’n land wat oorloop van melk en heuning.9 Wees net nie teen die HERE opstandig nie, en wees julle nie bevrees vir die volk van die land nie, want hulle is ons spys. Hulle beskutting het van hulle gewyk, en die HERE is met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie!
En toe. Uiteindelik besef die rebelle hulle fout, val op hulle aangesigte en bely hulle dwase fout van ongeloof.
Verse 10 Toe sê die hele vergadering dat hulle gestenig moet word. Maar die heerlikheid van die HERE het in die tent van samekoms verskyn voor al die kinders van Israel.
My ondervinding toe gemaskerde Palestyne my met klippe wou vernietig.
Hoe sou God teenoor hierdie moordadige woede optree? Hoe gaan Hy dit aan die einde van tyd doen?
Die ontroue verkenners het Kaleb en Josua luidkeels veroordeel en daar het ‘n geroep opgegaan dat hulle gestenig moes word.
Die waansinnige skare het klippe gegryp om die twee getroue getuies dood te gooi.
Hulle het met ‘n vreeslike geskreeu nadergekom, maar toe skielik die laat val. Hulle het opgehou skreeu en van vrees begin bewe. God self het tussenbeide getree en die moordslag afgeweer.
Die heerlikheid van Sy teenwoordigheid het die tabernakel soos ‘n vlammende lig verlig. Die hele volk het die teken van die Here gesien. Een wat magtiger as hulle was, het Homself geopenbaar en niemand het dit gewaag om teenstand te bied nie. Die verkenners wat die slegte berig gebring het, het vreesbevange en byna asemloos na hulle tente gekruip.
Waaraan het God se glorie hulle herinner?
Behalwe vir die manifistasie van Sy heerlikheid op Sinai was dit ook die keer toe die tabernakel toegewy was. (Eksodus 40:34, 35).
Dit was ongetwyfeld die verskyning van die heilige Sjekina wat die tien verkenners in hulle moordaanslag op die ander twee verkenners gestuit het.
Verse 11,12 Daarop het die HERE aan Moses gesê: Hoe lank sal hierdie volk My verag? En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens wat Ek onder hulle gedoen het?12 Ek sal hulle met die pes tref en hulle uitroei; en Ek sal jou ’n groter en sterker nasie maak as hulle.
Kan jy die pyn in God se hart voel en hoor toe Hy uitroep: “Hoe lank sal hierdie volk My verag.”
Het jy ‘n soortgelyke ervaring gehad?
Dwarsdeur die Joodse geskiedenis het hulle groot klem op feit geplaas dat hulle afstammerlinge van Abram was. Tog het hulle aanhoudend gefaal om Abram se geloof te beoefen.
Dit was hulle gebrek aan geloof wat hulle verhoed het om die Beloofde Land te kon binnegaan.
Hebreërs 4:11 En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.
Numeri 14:11 En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens wat Ek onder hulle gedoen het?
Aan hoeveel tekens van Sy mag kan jy dink? Tekens in hulle diepste betekenis is ‘n bewys dat God Sy Woord sal bevestig.
Pes tref
Dit verwys na plae wat beide mens en dier tref.
Ek sal jou ’n groter en sterker nasie maak as hulle.
Moses kon die tweede Abram word en al die beloftes aan Abram sal dan na hom toe kom.
Moses kon gesê het: “Baie dankie Here vir hierdie groot aanbod. Ek glo nie die volk sal ooit regkom nie. En ek hoop ek sal dit wees wat U graag wil hê ek moet wees.” Nee.
Hy het weer vir sy volk gepleit. Hy kon nie instem dat hulle uitgewis word en hy ‘n sterker nasie sou word nie. Hy het hom op die genade van die Here beroep en gesê:
Vers “Laat dan nou tog die krag van die Here groot word, soos U gespreek het deur te sê:
Die Here is lankmoedig en groot van goedertierenheid…Vergeef tog die ongeregtigheid van hierdie volk na die grootheid van U goedertierenheid, en soos U hierdie volk van Egipte af tot hiertoe vergewe het.”
Verse 13,14 Toe het Moses aan die HERE gesê: Maar die Egiptenaars het gehoor dat U deur u krag hierdie volk onder hulle uit laat optrek het14
en dit aan die inwoners van hierdie land gesê. Hulle het gehoor dat U, HERE, in die midde van hierdie volk is; dat U, HERE, duidelik waarneembaar verskyn; dat u wolk oor hulle staan en U in ’n wolkkolom voor hulle uit trek bedags en in ’n vuurkolom by nag.
Moses gebruik hierdie woorde as ‘n argument dat die Here tog nie Sy volk moet uitwis nie.
Hoe pleit ek en jy vir ons vyande?
Verse 15,16 As U nou hierdie volk soos een man ombring, dan sal die nasies wat die tyding aangaande U gehoor het, spreek en sê:16 Omdat die HERE hierdie volk nie kon inbring in die land wat Hy hulle met ’n eed beloof het nie, het Hy hulle in die woestyn omgebring.
Verse 17-19 Laat dan nou tog die krag van die HERE groot word, soos U gespreek het deur te sê:18 Die HERE is lankmoedig en groot van goedertierenheid, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie, wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag.19 Vergeef tog die ongeregtigheid van hierdie volk na die grootheid van u goedertierenheid, en soos U hierdie volk van Egipte af tot hiertoe vergewe het.
Wat ‘n mooi gebed. Sal die hierdie onselfsugtige leier se gebed verhoor? Wat ‘n mooi tipe van die Jesus die Groot Antitipiese Moses.
Verse 20-25 Toe sê die HERE: Ek vergewe, volgens jou woord.21 Maar so waar as Ek leef en die hele aarde van die HERE se heerlikheid vol sal word,
22 al die manne wat my heerlikheid en my tekens gesien het wat Ek in Egipte en in die woestyn gedoen het, en My nou al tien maal versoek het en na my stem nie geluister het nie,
23 hulle sal die land nie sien wat Ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het nie, ja, almal wat My verag het, sal dit nie sien nie.
24 Maar my kneg Kaleb, omdat ’n ander gees in hom was en hy volhard het om My te volg – hom sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit in besit neem.
25 Die Amalekiete en die Kanaäniete woon in die laagte – draai môre weg en trek tog die woestyn in, op pad na die Skelfsee.
Die Here het beloof om Israel nie onmiddellik om te bring nie, maar weens hulle ongeloof en lafhartigheid kon Hy nie Sy mag gebruik om hulle vyande te verslaan nie.
Daarom het Hy hulle in Sy genade bevel om veiligheidshalwe in die rigting van die Skelfsee terug te gaan.
In hulle opstand het die volk uitgeroep: “As ons maar hier in die woestyn gesterf het!” Nou sou daardie gebed vehoor word. Die Here het gesê: “Soos julle voor my ore gespreek het, so sal Ek aan julle doen. Julle lyke sal in hierdie woestyn lê, naamlik al julle geteldes, volgens julle volle getal, van twintig jaar oud en daarbo…
Vers 31 En julle kinders waarvan julle gesê het: Hulle sal ‘n buit word – die sal Ek inbring en die sal die land leer ken wat julle verwerp het..”
En van Kaleb het Hy gesê: “My kneg Kaleb, omdat ‘n ander gees in hom was en hy vohard het om My te volg – hom sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit in besit neem.” Die verkenners het veertig dae lank deur die land gereis, so sou die vergadering van Israel veertig jaar lank in die woestyn swerf.
Was hulle bekering opreg? Wat is die verskil van jammerte oor die gevolge van jou daad en die diepe berou van die hart?
Volgende keer ontdek ons meer aangaande die wyse waarop God met rebelse sondaars werk.
Die Here wil vir jou en my in Sy koninkryk red. Gee Hom die toestemming om dit vir jou te doen. Hy sal dit op Sy manier doen. Moet net nie kla en murmureer oor Sy metodes nie.
Vertrou ons liefdevolle hemelse Vader met jou hele hart.