1. Home
  2. Algemeen
  3. Verkenners 2 – Numeri 14:26-45 Sonde Se Duur Prys

Verkenners 2 – Numeri 14:26-45 Sonde Se Duur Prys

Het jy al ooit gedink hoe verreikend die gevolge van sonde op ander mense is? Dit hou nie net in die eerste geslag op nie, dit loop na die volgende en die volgende.

Mag die Here ons help om twee keer te dink wanneer ons ‘n verkeerde daad oorweeg.

Ek sien uit na die hemel wanneer hierdie vernietigende fenomeen vir altyd weg sal wees.

Kom ons luister na God se veroordeling van sonde wat Sy volk so jammerlik verwoes het. En ons moet nooit vergeet dat God, alhoewel hy die sonde haat, die sondaar liefhet.

Numeri 14:26-29 Daarna het die Here met Moses en Aäron gespreek en gesê:

27Hoe lank sal hierdie bose vergadering aanhou dat hulle teen My murmureer? Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor waarmee hulle teen My bly murmureer.

28Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here, waarlik, soos julle voor my ore gespreek het, so sal Ek aan julle doen.

29Julle lyke sal in hierdie woestyn lê, naamlik al julle geteldes, volgens julle volle getal, van twintig jaar oud en daarbo, julle wat teen My gemurmureer het.

Hulle het so ver gekom en nou hoor hulle wat die straf van hulle onophoudelike geklaery gaan wees.

Interesant dat die kinders nie gekla het nie.

Die priesters is ook vrygestel. Die Leviete het nie ‘n verteenwoordiger onder die verkenners gehad nie. Eliëser, Aäron se seun was ongeveer 30. Hy het later die hoë preister geword en het ook onder Josua gedien.

Wie nog kon ingaan?

Verse 30,31 Waarlik, júlle sal nie in die land kom waaroor Ek my hand opgehef het om julle daarin te laat woon nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun.

31En julle kinders waarvan julle gesê het: Hulle sal ’n buit word—dié sal Ek inbring en dié sal die land leer ken wat julle verwerp het.

Is daar ‘n teks in die Bybel wat sê ons moet die Here soos kindertjies vertrou?

Die lelikste mens is die mens wat die heel dag oor alles loop en kla en vertel hoe sleg ander mense is.

Mag die Here ons van swartgalligheid en die wantroue van Sy beloftes bewaar.

Het jy die teks gelees wat van louter vreugde praat?

Verse 32,33 Maar júlle lyke sal in hierdie woestyn lê.33En julle kinders sal soos herders rondtrek in die woestyn, veertig jaar lank, en sal so die gevolge van julle hoerery dra totdat julle lyke in die woestyn verteer is.

Mag die Here ons help om niks te doen wat ons kinders gaan benadeel nie.

Waarom veertig jaar? Wat is die verband tussen ‘n jaar en ‘n dag?

Vers 34 Volgens die getal dae dat julle die land verken het, veertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul ongeregtighede dra, veertig jaar lank, en my teëstand gewaar word.

“Elke dag” kom van die Hebreeuse word “yom” wat asvolg vertaal word:

Tyd Genesis 26:8; Tyd lank Genesis 40:4; bejaard Genesis 18:11; wanneer Levitikus 14:57; vandag Deuternomium 31:21; wag, staan stil 1 Samuel 9:27; vol 2 Samuel 13:23; jaar Eksodus 13:10

Yom was meer buigsaam as ons word “dag”. Die meervoud yamin, “dae” was dikwels vir “jaar” gebruik Eksodus 13:10 en talle ander tekse.

Die word yom is ‘n versagtende vorm van chom, “hitte,” van die wortel yacham, “om warm te wees”

Elke dag het uit “aand,” die donker of “koel” gedeelte bestaan (Genesis 1:4, 5; 3:8), en die ander uit die “more,” die lig gedeelte, die “warm” deel van die dag (Genesis 1:4, 5; 18:1).

Soos die 24 dag het die jaar ook die kouer of winter gedeelte gehad en die warm of somer gedeelte Genesis 8:22.

Beide die dag en jaar besit dieselfde siklisse van warm en koud.

Genesis 8:22 “So lank as die aarde bly bestaan,

sal saaityd en oestyd nie ophou nie,

ook nie koue en hitte,

somer en winter,

dag en nag nie.”

     Wat se giasme, struktuur sien jy hier?

     Saaityd en oestyd. Watter een is koud en watter een is warm?

     Die volgende lyntjie verduidelik die temperature: koue en hitte.

     Wat se verandering merk jy in die volgende woorde “somer en winter”? Die jaar het eers ‘n warm gedeelte en daarna ‘n kouer gedeelte.

En nou vir die volgende lyntjie: dag en nag. Watter is die warm gedeelte en watter is die koue gedeelte?

Vers 34 Volgens die getal dae dat julle die land verken het, veertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul ongeregtighede dra, veertig jaar lank, en my teëstand gewaar word.

Julle het die land veertig dae lank verken. Julle sal veertig jaar, een jaar vir elke dag, die gevolge van julle ongeregtigheid moet dra. Dan sal julle besef wat dit beteken om My teen julle te hê.

     Hier kry ons die eerste voorkoms van die woorde “dag” en “jaar” in ‘n profetiese konteks.

Die verkenners het 40 dae die land Kanaän bespied en met ongunstige nuus teruggekeer. Hierdeur het hulle ‘n gebrek aan geloof geopenbaar en ongelukkig is hulle verslag deur die volk aanvaar.

Asgevolg van hierdie besluit sou die 40 leterlike dae na 40 leterlike jare verskuif. Een jaar van genesende omswerwing vir elke dag van ongeloof wat hulle in die beloofde land deurgebring het.

Hierdie is nie ‘n geisoleerde geval nie, ons kry die dag jaarbeginsel ook in Esegiël 4:6.

Die Here het vir die profeet gesê: Ek lê jou ’n dag op vir elke jaar en sodoende Numeri 14:34 bevestig.

Miskien het Moses aan hierdie gebeure gedink toe hy die volgende woorde in Psalm 90:12 geskryf het:

Leer ons om ons dae so te tel dat ons ’n wyse hart mag bekom!

As ek net een dag goddelose sou optree, kan ‘n jaar of wat neem om die gemors reg te maak.

Verse 35-37 Ek, die Here, het dit gespreek; waarlik, dit sal Ek aan hierdie hele bose vergadering doen wat teen My bymekaargekom het. Hulle sal in hierdie woestyn omkom en daar sterwe. En die manne wat Moses gestuur het om die land te verken en wat ná hulle terugkoms die hele vergadering teen hom laat murmureer het deur ’n slegte gerug aangaande die land te versprei,37die manne wat ’n slegte gerug aangaande die land versprei het, het gesterwe deur ’n plaag voor die aangesig van die Here.

Ons mag nie toelaat dat ons tong bitterheid en ontevredenheid uitspoeg nie. Gebruik selfverloning, neem jou kruis op en volg Jesus se voorbeeld.

Dieselfde woord vir “plaag” word ook in die tien plae en in die geval van Korag, Datan en Abiram gebruik. Ons weet nie presies wat die aarde van hierdie “slag” oorspronklike woord, die plaag was nie.

Vers 38 Maar van dié manne wat die land gaan verken het, het Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, in die lewe gebly.

Wanneer ons die Here in geloof gehoorsaam, ontvang ons lewe maar as ons deur ongeloof Hom nie gehoorsaam nie, ontvang ons…

Hoe het die res van die volk hulle straf vir hulle rebellie en ongeloof aanvaar?

Pluk jy op hierdie oomblik die vrugte van jou ongeloof, jou ongehoorsaamheid aan die Here? In watter gees hanteer jy dit??

Vers 39  En toe Moses hierdie woorde aan al die kinders van Israel gesê het, het die volk baie getreur

Was dit ware berou? Wat is die verskil tussen ware en valse berou?

Verse 39,40 En toe Moses hierdie woorde aan al die kinders van Israel gesê het, het die volk baie getreur en die môre vroeg klaargemaak en op die top van die berg geklim en gesê: Hier is ons, en ons wil optrek na die plek wat die Here gesê het, want ons het gesondig.

Het Moses hulle gelukgewens met hulle berou en gewilligheid om teen die vyand te gaan veg?

Verse 41,42 Maar Moses het gesê: Waarom oortree julle tog die bevel van die Here, aangesien dit tog nie sal geluk nie? 42Moenie optrek nie, want die Here is nie in julle midde nie—anders word julle verslaan voor julle vyande.

Hy jy al teen die wil van Here iets gaan doen en gehoop jy sal suksesvol wees?

Het hulle die boodskap gekry? Het ons die boodskap gekry?

Die enigste rede waarom God ons verbied om sekere dinge te doen, is omdat Hy ons baie baie baie liefhet en ons van rampe wil beskerm.

Vers 43 Want die Amalekiete en die Kanaäniete is daar voor julle, en julle sal deur die swaard val; omdat julle van die Here afvallig geword het, daarom sal die Here nie met julle wees nie.

‘Ag baie dankie Moses dat jy ons voor die tyd gewaarsku het. Ons het groot foute gemaak en is nie bereid om nog groter flaters te begaan nie.”

Vers 44 Nogtans het hulle vermetel gehandel om op die top van die berg te klim; maar die verbondsark van die Here en Moses het nie uit die laer gewyk nie. Toe het die Amalekiete en die Kanaäniete wat in dié gebergte woonagtig was, afgekom en hulle verslaan en hulle verstrooi tot by Horma.

Die naam Horma beteken “tot verwoesting gedoem.”

Moses herhaal hierdie hartseer verhaal. Luister wat skryf hy:

Deuteronomium 1:44-46 Toe het die Amoriete wat in dié gebergte gewoon het, uitgetrek julle tegemoet en julle agtervolg soos die bye maak; en hulle het julle verstrooi in Seïr tot by Horma.

45En julle het teruggekom en voor die aangesig van die Here geween, maar die Here het na julle stem nie geluister en julle geen gehoor gegee nie.

46So het julle dan baie dae in Kades gebly, solank as julle daar gebly het.

Dit het gelyk of hulle baie jammer was, maar nie oor hulle ongehoorsaamheid nie, net oor die gevolge van hulle bose gedrag.

Ondanks die vonnis wat God uitgespreek het, het die Israeliete hulle gereed gemaak om Kanaän binne te val. Hulle het hulle met pantsers en wapens toegrus en was in hulle eie oë ten volle gereed vir die stryd.

Maar in die oë van God en Sy bedreofde dienaars het hulle ver kortgeskied. Toe die Here Israel byna veertig jaar later bevel om Jerigo in die neem, het Hy beloof om met hulle saam te gaan.

Die verbondsark met Sy wet daarin, is voor hulle leer uitgedra. Sy aangewese leiers moes hulle optrede onder Sy leiding reel. Met sulke leiding kon hulle geen kwaad oorkom nie.

Maar teenstrydig met die bevel van God en die plegtige verbond van hulle leiers het hulle nou sonder die verbondsark en sonder Moses uitgetrek om die leers van die viand aan te durf.

Die basuin het ‘n bevel gegee, en Moses het hom agter hulle aangehaas met die waarskuwng: “Waarom oortree julle tog die bevel van die Here, aangesien dit tog nie sal geluk nie? Moenie optrek nie, want die Here is nie in julle midde ie – anders word julle verslaan voor julle vyande.

Want die Amelekiete en die Kanaäniete is daar voor julle, en julle sal deur die swaard val.”

Die Kanaäniete het gehoor van die geheimsinnige mag wat oor hierdie volk gewaak het en van die wondere wat om hulle onthalwe verrig is, en hulle het ‘n sterk leer versamel om die invallers terug te slaan.

Die invalsleër was sonder leier. Niemand het gebid dat God hulle die oorwinning moes gee nie. Hulle het opgetrek om of hulle lot te verander of in die stryd te sterf.

Hoewel hulle geen krygsopleiding gehad het nie, was daar ‘n groot skare gewapende manne en hulle het gehoop dat hulle alle teenstand met ‘n skielike, wrede aanval souk on oorrompel. Hulle het die vermetelheid gehad om ‘n vyand uit te daag wat hulle nie uitgelok het nie.

Die Kanaäniete het hulle stelling ingeneem op ‘n rotsagtige tafelland wat alleen deur moeilike poorte en gevaarlike steil opdraendes bereik kon word. Die groot aantal Hebreërs kon dardie neerlaag net vererger.

Stadig het hulle met die bergpaaie opgeklim terwyl hulle aan die dodelike wapens van hulle vyande bokant hulle blootgestel was. Reuse rotsblokke is op hulle afgerol en hulle verwoes.

Die wat wel bo uitgekom het, was so uitgeput dat hulle wreed en met groot lewensverlies teruggedryf is. Die slagveld was met die lyke van die dooies bestrooi. Israel se leër is heeltemaal verpletter. Verwoesting en dood was die gevolg daardie opstandige proefneming.

Die oorlewendes is gedwing om hulle te onderwerp en “het teruggekom en voor die aangesig van die Here geween,” maar, “die Here het nie na (hulle) stem geluister” nie. Deuteronomium 1:45.

Die oorwinning het die vyande van Israel, wat die koms van daardie magtige leer met bewing afgewag het, het hulle met vertroue besiel om hulle verder teen te staan.

Hulle het al die berigte wat hulle oor die wonderbaarlike dinge wat God vir Sy volk gedoen het, as vals beskou en gevoel dat hulle geen rede het om bang te wees nie.

Omdat die Kanaäniete Israe verslaan het, was dit daarna baie moeiliker om hulle land in te neem. Daar het vir Israel niks anders oorgebly as om voor hulle seëvierende vyand na die woestyn terug te val nie. En dit met die wete dat ‘n hele geslag daar begrawe moes word. PP 394

Dis ‘n baie hartseer verhaal. Vir die volgende 38 jaar het hulle in die woestyn rondgeswerf. Ek wonder of van daardie rebelle ooit tot bekering gekom het. Ek hoop tog so. Dis al wat nodig was om weer ‘n verhouding met die Here op te bou.

DIE ANDER KADESBERNEA

Die Here gaan Sy volk weer na ‘n Kadesbarnea neem. Hy gaan hulle weer toets.

Dis hier waar Moses na 40 jaar se gesukkel met hierdie wederstrewige volk sy humeur verloor en toe ook sommer toegang tot die Beloofde Land verloor het.

God beskou die sonde van ‘n leier in ‘n baie ernstige lig as die van sy onderdane. As jy ‘n leier is vra die Here om jou baie meer van Hom afhanklik te maak.

IDENTIFICATION OF KADESH BARNEA

Deuteronomy 1:2.

Although Josephus does not explictly identify Kadesh with Reqem, his location of Mount Hor, on which AARON DIED, AT Petra indicates that Dadesh was in the same area. Josephus also informs us the Reqem was the Semitic name for Petra. After his account of the death of Miriam and her burial on a mountain which they (the Jews) called Sin, he goes to say:

“After purification was held…he (Moses) led his forces away through the desert to a place in Arabia which the Arabs have deemed their metropolis, formerly called Arke (Arken, Arxyn, read Arken) today named Petra. There Aaron ascended an lofty mountain range that encloses the spot, Moses having revealed to him he was about to die.” (Ant. 4.4.7 ss 82-83) Targum and New Testament: Collected Essays by Martin McNamara, page 466.

Was this article helpful?

Related Articles