Die Here wil hê ons moet ons verstand ontwikkel. Hy verlang dat ons meer intellek en onderskeidingsvermoë as die wêreldling moet hê. Hy is hartseer oor die wat onverskillig en lui is, wat onbewaam en swak ingelig is.
Die Here verlang dat ons Hom met hart en siel en krag en intellek moet liefhê. Dit plaas ‘n groot verantwoordelikheid op ons om ons intellek tot sy maksimum te ontwikkel sodat ons ons Skepper beter sal waardeer, verstaan en met groter liefde sal bewonder.
Ons brein moet onder beheer van Sy Gees geplaas word. Hoe beter die intellek ontwikkel word, hoe meer effektief kan dit in diens van God gebruik word. Die ongeleede wat aan God toegewy is en wat daarna verlang om ander te seën, kan deur die Here in Sy diens gebruik word.
Niemand weet waar en hoe hy geroep kan word om vir God te werk en om oor Hom te getuig nie. Net ons hemelse Vader alleen weet hoe Hy ons in Sy diens kan gebruik.
Daar is moontlikhede wat ons beperkte verstand nie kan begryp nie. Maar ons verstand kan so ontwikkel dat ons die waarhede in die Bybel aan die hoogste ontwikkelste persone sal verduidelik dat die Here se Naam daardie verheerlik sal word. Ons moenie geleenthede laat verbygaan waar ons onsself intelektueel kan bekwaarm om vir die Here te werk nie.
Laat die jeug wat opgevoed moet word alles in hulle vermoë doen om intelektueel te groei. Moenie vir ‘n geleentheid wag nie, skep een. Maak gebruik van elke geleentheid wat hom voordoen. Wees spaarsamig en moenie jou geld onnodigebestee om jou eetlus te bevredig nie. Moenie ‘n maniese plesier soeker wees nie.
Wees vasbeslote om so bekwaam as moontlik te wees om die werk te doen wat die Here jou roep om te doen. Wees deeglik en getrou in alles wat jy onderneem. Gebruik geleenthede om jou intellek te versterk. Laat die studie van boeke gekombineer word met nuttige handearbeid, en deur getroue inspanning, waaksaamheid en gebed, die wysheid wat van bo is, te verkry.
Dit sal ‘n afgeronde opvoeding verseker. Sodoende kan jy uitblink en ‘n goeie invloed oor ander uitoefen. Dit sal jou ook instaat stel om hulle op die pad van opregtheid en heiligheid te lei.
Baie meer kan bereik word in die werk van selfopvoeding as ons wakker was vir ons eie geleenthede en voorregte. Ware opvoeding beteken meer as as net akademiese opleiding.
Terwyl die bestudering van die wetenskap nie geignoreer moet word nie, is daar ‘n groter opvoeding wat deur ‘n lewende verhouding met die Here bekom kan word. Dit sal baie goed wees as elke student deur die studie van die van die Bybel in kontak met God die Groot Leermester kan kom. Die verstand moet gedisiplineer word om met probleme te stoei en om goddelike waarheid te ondek.
Iemand wat ‘n honger vir kennis het om hulle medemens daarmee te seën, sal ‘n seën van God ontvang. Deur ‘n studie van Sy Woord sal verstandelike vermoëns wakker gemaak word.
Daar sal ‘n toename in die ontwikkelling van ons vermoëns wees en die verstand sal meer krag en bekwaamheid bekom.
Selfbeheersing moet deur elkeen beoefen word wat vir die Here wil werk. Dit sal meer bereik as welsprekenheid en die mees briljante talente. ‘n Gewone verstand wat goed gedisiplieer is, sal meer bereik en edeler werk verrig as die mees ge-oefende brein en die grootste talente sonder selfbeheersing.
Die spraaktalent moet baie deeglik ontwikkel word. Van al die gawes wat die Here ons gegee het, is nie een in staat om soveel seëninge te bring nie. Met die stem kan ons oortuig, met die stem kan ons bid en die Here loof. Ons kan ook aan ander van die verlossende genade van die Here se liefde vertel. Hoe belangrik is dit dan nie om die stem te oefen om die maksimum goed daarmee te verrig nie.
Die ontwikkelling en die regte gebruik van die stem is van uiterse belang. Selfs intelligente Christene moet hiervan kennis neem. Daar is sommiges wat so vinnig lees en praat dat mens sukkel om te verstaan wat hulle sê.
Sommige het ‘n diep, onduidelike uitspraak; ander praat in ‘n hoë toonsoort, in ‘n skerp, skril toon, wat pynlik vir die hoorders is. Tekste, liedere, verslae en ander referate wat voor openbare byeenkomste gelewer word, soms so gelees dat dit nie verstaan word nie. Die pragtige impak wat dit moet hê, gaan dan verlore. Hierdie euwel moet baie beslis utgeroei word. Die Bybel het ook vir ons iets om oor saak sê. Luister wat van die Leviete geskryf is wat die Bybel in die tyd van Esra gelees het:
En hulle het uit die boek, uit die wet van God, duidelik voorgelees en dit verklaar, sodat hulle verstaan het wat voorgelees is. Nehemia 8:9. Deur baie probeer en probeer kan almal die kuns bemeester om duidelik en op ‘n indrukwekkende manier te praar. Hierdeur kan ons ons bruikbaarheid in die werk van die Here grootliks verbeter.
Elke Christen word geroep om die ondeurgrondelike rykdom van Jesus te verkondig. Om hierdie rede moet hy sy spraak verbeter.
Hy moet die Woord van die Here sodanig verkondig dat dit die luisteraars sal beindruk. Die Here wil nie hê Sy kinders moet ongemanierd wees nie. Hy wil nie dat die hemelse stroom wat deur ons na die wêreld vloei onderskat word nie. Ons moet na Jesus die volmaakte voorbeeld kyk en deur die werking van die Heilige ons daarop toelê om vir Hom net die beste diens te lewe.
Dit geld veral vir lidmate wat publieke diens lewer. Elke predikant en elke onderwyser moet daarvan bewus wees dat hulle boodskappe van ewige belang bring. Hulle sal eendag moet rekenskap gee oor hoe hulle waarheid verkondig het. Die manier waarop die boodskap verkondig word, sal bepaal om dit aangeneem of verwerp word. Laat die boodskap so verkondig word dat dit verstaan word en ter harte geneem word. Praat stadig, duidelik en plegtig. Tog met al die erns wat die boodskap verdien.
Spraakvermoë beïnvloed elke aspek van die evangelie wat verkondig word. Dit betree elke huis en ook all ons onderlinge kontak met mekaar. Ons moet aanleer om met ‘n aangename stemintonasie te praat. Gebruik goeie taal en vriendelike woorde wat aangenaam en gekultiveer is.
Mooi woorde roer in my hart; ek dra my gedig voor aan die koning; my tong is soos die pen van ‘n vaardige skrywer. Psalm 45:2.
Die Here my God het my geleer om die regte woorde te gebruik sodat ek dié wat moeg is, kan moed inpraat. Jesaja 50:4
Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord. Kolossense 4:6
Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. Efesiërs 4:29
As ons mense wil tereg wys moet ons baie versigtig met ons woorde omgaan. “Vir dié wat verlore gaan, is dit ‘n doodsreuk wat dood bring; vir dié wat gered word, is dit ‘n lewensgeur wat lewe wek. En wie is tot sulke dinge in staat? 2 Korintiërs 2:16
As ons nie die persoon wat ons wil bereik seermaak nie, moet ons woorde gebruik wat nie rebellie by hulle ontlok nie.
Soos: “Kan jy nou sien in watter gemors jy beland het?” Onder alle omstandighede moet teregwysing in liefde gedoen word. Dan sal ons woorde hervorm en nie mense kwaad maak nie. Die Heilige Gelukkig sal Gees ons in hierdie werk ondersteun. Ons woorde mag nie onbedagsaam wees nie. Geen kwaadpraat, ligsinnige praatjies, klaery of suggestie sal oor die lippe van die volgelinge van Jesus kom nie. Paulus skryf onder inspirasie van die Heilige Gees en sê: “Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie.” Efesiërs 4:29.
Wat beteken dit alles? Dit behels enige uitdrukking wat nie in harmonie met suiwer godsdiens is nie. Dit sluit onreine skimpe en bedekte insinusies van sonde in. Tensy hierdie soort taak nie dadelik gestaak word nie, sal dit tot baie groot sonde lei. Dit is die plig van elke gesin, elke mens, om vuiltaal te verban. As ons in ‘n geselskap is waar dit die onderwerp is, is dit ons plig om om die onderwerp te probeer verander. Met die genade en hulp van God moet ons takvol woorde laat val wat die gesprek in ‘n ander rigting sal stuur.
Dit is die werk van die ouers om hulle kinders te leer om mooi te praat. Die beste plek om hierdie kultuur te skep, is die ouerhuis.
Van die vroegste tyd moet kinders geleer word om met respek en met liefde met hulle ouers en met mekaar te kommunikeer. Hulle moet geleer word dat net sagte woorde, woorde van waarheid en reinheid oor hulle lippe mag kom. Ouers moet ook daagliks in die skool van Jesus leer hoe om ordentlik met hulle kinders te praat. Dan kan ouers deur hulle voorbeeld, hulle kinders leer hoe om met mekaar en ander mense te praat.
As volgelinge van Jesus moet ons woorde gebruik om mekaar te help en te bemoedig. Ons moet baie meer oor die mooi hoofstukke in ons lewens gesels oor hoe die Here ons gelei en verlos het. Ons moet baie meer van die genade en liefdevolle goedheid van die Here praat. Ons moet met diepe passie en oortuiging van Sy liefdevolle onmeetlike goedheid praat.
Ons woorde moet van lof en danksegging getuig. Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor. As ons gedagtes en ons harte van die liefde van God oorloop, sal mense dit in ons gesprekke agterkom.
Dit sal nie moeilik wees om te vertel van wat ons gestelik opgewonde maak nie. Verhewe denke, edel aspirasies, onbaatsugtige bedoelings, ‘n soeke na vroomheid en heiligheid sal die skatte van ons hart wees wat ons graag sal wil uitstal. As Jesus se Naam in ons gesprek genoem word, sal daar ‘n atmosfeer geskep word waar bekerings kan plaasvind.
Ons moet met mense praat wat nie van Jesus weet nie en doen wat Hy gedoen het. Waar Hy ookal was; in die sinagoge, iewers op pad, in die boot so ‘n endjie van die land, aan tafel by fariseër en tollenaar, het Hy van ewige temas gepraat.
Die natuur, alle daagse gebeure, dit alles en nog baie ander dinge, het Jesus aan woorde van waarheid gekoppel. Sy hoorders het aangetrokke tot Hom gevoel. Dis omdat Hy hulle siekes genees het, die wenendes getroos en hulle kinders in Sy arms geneem het. Die oomblik wat Hy begin praat het, het die skare aan Sy lippe gehang.
Elke woord was vir sommige hulle ‘n stuk redding. Dis ook hoe ons moet wees. Waar ons ookal kom ,moet ons geleenthede soek om oor Jesus se liefde te praat. As ons Jesus navolg om net goed aan ander te wil doen, sal hulle harte ook vir ons, soos vir Hom oopgaan. Nie kortaf nie, maar met takt wat uit goddelike liefde gebore is, kan ons van Hom vertel wat “uitnemender as tien duisend” is. Hooglied 5:10 en die een wat “die lieflikheid self” is. Vers 16.
Woorde is die edelste media waarin ons ons talente en spraak kan gebruik. Dit was aan ons geskenk sodat ons Jesus die sonde-vergewende Verlosser kan besing.
VOLGENDE KEER – Invloed.
Mense is beinvloedbaar. Wat het Jesus daaroor geleer?
Die invloed van Jesus was soos ‘n al-groterwordende see sonder ‘n kuslyn. Sy invloed het Hom aan Sy Vader en ook aan die ganse mense familie gebind. Deur Jesus het God die Vader die mens met ‘n invloed toegerus wat dit vir hom onmoontlik maak om net vir homself te leef. Wat ‘n heerlike gedagte!