Afdeling Gebed (E)
En Hy het vir hulle gesê: Wie van julle sal ‘n vriend hê en sal middernag na hom gaan en vir hom sê: Vriend, leen my drie brode, want ‘n vriend van my het van ‘n reis by my aangekom, en ek het niks om aan hom voor te sit nie— en dié van binnekant sal antwoord en sê: Moenie my lastig val nie; die deur is al gesluit, en my kinders is saam met my al in die bed; ek kan nie opstaan om vir jou te gee nie. Lukas 11:5-7
Ek sê vir julle, al sou hy ook nie opstaan en vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog ter wille van sy onbeskaamdheid opstaan en hom gee soveel as hy nodig het. En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. Lukas 11:8-10
En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom ‘n klip gee; of ook ‘n vis, en hy sal hom in plaas van ‘n vis ‘n slang gee; of ook as hy ‘n eier vra, hom ‘n skerpioen gee? As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid. Lukas 11:11-13
Jesus het voortdurend van die Vader ontvang sodat Hy met ons kon kommunikeer. “Die woord wat julle hoor,” het Hy gesê, “is nie Myne nie, maar die Vader wat My gestuur het.” Johannes 14:24.
“Die Seun van die mens het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien.” Matteus 20:28.
Hy het nie vir Homself geleef, gedink en gebid nie, maar vir ander. Na ure van gebed het Hy het daagliks ‘n nuwe doop van die Heilige Gees ontvang en die lig van die hemel met mense kom deel. Jesus is daagliks met die Heilige Gees gevul.
In die vroeë ure van die oggend het die Vader vir Jesus wakker gemaak. Daarna het Hy Jesus se lippe met genade gesalf. Dit het Hom in staat gestel om die verkwikkende woorde van die hemel met stukkende stukkende stukkende mense te kon deel.
“Die Here HERE het My ‘n geoefende tong gegee,” sê Jesus, “dat Ek kan weet om die vermoeide te verkwik met woorde; Hy wek elke môre, Hy wek my oor om te hoor soos die leerlinge. Jesaja 50:4
Jesus se disippels was die met sy gebede beïndruk en die manier waarop Hy met Sy Vader gekommunikeer het.
Op ‘n dag het hulle op Hom afgekom waar Hy intens met Sy Vader in gebed geworstel het. Hulle harte was diep aangeraak. Toe hy opgehou het, het hulle uitgeroep: “Here leer ons bid!” Jesus het toe vir hulle ‘n beknopte gebed gegee wat Hy tydens die bergpredikasie gegee het. Deur middel van ‘n gelykenis het Hy probeer om die gebedstegniet met hulle te deel.
En Hy het vir hulle gesê: Wie van julle sal ‘n vriend hê en sal middernag na hom gaan en vir hom sê: Vriend, leen my drie brode, want ‘n vriend van my het van ‘n reis by my aangekom, en ek het niks om aan hom voor te sit nie—en dié van binnekant sal antwoord en sê: Moenie my lastig val nie; die deur is al gesluit, en my kinders is saam met my al in die bed; ek kan nie opstaan om vir jou te gee nie. Ek sê vir julle, al sou hy ook nie opstaan en vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog ter wille van sy onbeskaamdheid opstaan en hom gee soveel as hy nodig het. Lukas 11:5-8
Jesus verduidelike dat die een wat vra, vra om vir iemand anders te kan help. Hy moet brood in die hande kry om ‘n honger uitgeputte mens te kon voed. Hoewel die buurman ‘n bietjie omgekrap was, het hy tog opgestaan en vir sy vriend brood gegee. Die nagtelike onverwagte vriend moet gehelp word en sy gepleit vir brood is beantwoord want hy kon sy honger vriend kos gee.
Net so moes die dissipels ook seëninge by God kom soek. In die voeding van die skare en in die preek oor die brood uit die hemel, het Jesus vir hulle hul lewerk as Sy verteenwoordigers verduidelik. Hulle moes die brood van die lewe vir die mense gee. Hy wat hulle aangestel het, het geweet hoe dikwels hulle geloof beproef sou word. Hulle sou baie keer in krississe beland en dan voel of hulle hande afgekap is.
Siele wat na die brood van die lewe gesoek het, sou na hulle toe kom, en hulle sou voel dat hulle nie kan help nie. Hulle moes eers geestelike voedsel ontvang, anders sal hulle nie fisiese kos kan gee nie. Hulle moes niemand wegwys nie. Jesus het hulle na die bron verwys waar hulle die brood kon ontvang.
Die man wie se vriend wat diep in nag met ‘n honger maag na hom gekom het, is nie weggewys nie. Hy het niks gehad om vir hom te gee nie, maar hy het by iemand vir kos gaan smeek wat hom gehelp het. En sou God, wat sy disippels gestuur het om die hongeriges te voed, nie ook in hulle behoefte voorsien nie?
Maar die selfsugtige buurman in die gelykenis verteenwoordig nie die karakter van God nie. Die gelykenis is nie ‘n vergelyking nie, maar ‘n teenstelling. ‘ n Selfsugtige man sal ‘ n dringende versoek toestaan om ontslae van iemand te raak wat sy rus kom versteur.
Die Here skep behae daarin om te gee. Hy is vol medelye en Hy wil graag in ons behoeftes voorsien wanneer ons dit in geloof vir Hom vra. Hy gee aan ons sodat ons ander daarmee kan help en soos Hy ons ook help
Jesus sê in Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. Lukas 11:9,10. Jesus verduidelik verder:
En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom ‘n klip gee; of ook ‘n vis, en hy sal hom in plaas van ‘n vis ‘n slang gee; of ook as hy ‘n eier vra, hom ‘n skerpioen gee? As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid? Lukas 11:11-13
Ten einde ons vertroue in God die Vader te versterk, het Jesus vir hulle ‘n nuwe naam genoem wat met tere emosies gekoppel kan word. Hy laat ons toe om die onbeskryflike majesteit van God ons Vader te noem.
Hierdie Naam, waarmee ons Hom Vader noem, is ‘n teken van ons liefde en respek vir Hom. En wanneer ons ons versoeke na Hom bring, is dit soos musiek in Sy ore.
Om te verhoed dat ons voel ons is te aanmatigend met die gebruik van die Naam, het Hy hierdie titel, Vader, herhaalde male genoem.
Hy het ons uit hierdie traak-my-nie-agtige koue wêreld kom verlos en ons deel van Sy koninklike familie gemaak. En nou nooi ons Hemelse Vader ons om Hom met ‘n groter en intiemer liefde as ‘n aardse pa te bejeën. Het jy dit begryp? Het dit ingesink?
Ons het ons kinders met ‘n onbeskryflike passie lief. Maar die liefde van ons Hemelse Vader vir ons, is onbegryplik, onmeetlik groter as ons liefde vir ons kinders.
As ons as ouers weet hoe om vir ons kinders net die heel beste versorging te gee, hoeveel te meer sal ons dierbare Hemelse Vader nie vir ons die Heilige Gee skenk as ons Hom vra nie? Jesus se lesse wat Hy vir ons oor gebed wil leer, moet baie versigtig oorweeg word.
Daar is ‘n goddelike wetenskap in gebed wat ons moet verstaan. Jesus illustreer wat die ware aard van gebed is. Ons moenie ophou om ons behoeftes aan die Vader bekend te maak nie en Hy waarborg dat die Vader gewillig is om ons gebed te verhoor.
Ons gebede moenie selfsugtig wees nie. Ander moet daardeur bevoordeel word. Ons moet Jesus se beginsel uitleef: “En Ek Heilig Myself vir hulle,’’ het Hy gebid toe Hy na Sy disipppels verwys het, “Sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.” Johannes 17:19.
Dieselfde toewyding, opoffering en gehoorsaamheid aan die Woord van God wat Jesus openbaar het, moet ons ook in ons lewens gesien word. Ons sending is nie om ons self te plesier nie. Ons moet saam met ons hemelse Vader werk om siele vir Sy koninkryk te wen.
Ons moet seëningevan God afsmeek en dit met mense om ons deel. Die vermoë om te ontvang word deur uitdeel daarvan bepaal. Ons kan nie net aanhou geestelike seëninge ontvang sonder dat ons dit met mense om ons deel nie.
In die gelykenis is die man wat vir sy middernagtelike vriend kom brood vra het, ontmoedig, maar hy het nie opgehou vra nie. Jesus leer dat as ons gebede nie dadelik beanwoord word nie, ons nie moet ophou bid nie.
Gebed bewerk nie ‘n verandering in God se hart nie; dit bring ons in harmonie met Hom.
Wanneer ons tot Hom bid mag Hy sien dat ons ons sonde is ons lewens koester en dat ons daarmee moet breek. Dis dan wanneer ons deur die diep waters van worstelling gaan. Dit gee dan die Heilige Gees die geleentheid om vir ons die sonde in ons lewe te kan uitwys.
Daar is voorwaardes waarop God ons gebede beantwoord. “As julle My liefhet, sê Jesus, “bewaar my gebooie.” Johannes 14:15
Wie My gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar. Johannes 14:21
Wanneer ons nie die voorwaardes van gebedsverhoring nakom nie, gee ons die Vader aanstoot. Mense gebruik die Naam van Jesus as die waarborg vir die vervulling van hulle beloftes, maar hulle doen nie die dinge wat van geloof in, en liefde in Jesus spreek nie.
Baie verbeur die vreugde om deur die Vader aangeneem te word. Dis nodig om deeglik navraag te doen hoe om God te nader en hoe om deur Hom aangeneem te word. Johannes 15:7 As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. Johannes sê ook vir ons:
En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie. Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het. 1 Johannes 2:3-6
Een van die laaste opdragte: Johannes 13:35 Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.
Vervang jou haat vir iemand met liefde vir daardie iemand.
Gehoorsaam ons hierdie bevel of openbaar ons lelike onchristelike karaktertrekke? As ons iemand seergemaak het, is dit ons plig om met daardie persoon te gaan versoen. Hierdie is een van die belangrikste voorbereidings om in geloof na die Vader te gaan en vir Sy seën in ons lewens te vra.
VOLGENDE KEER
Wattet iets is daar nog in ons hart wat ‘n liefdevolle God kan verhoed om nie ons gebede te beantwoord nie?